Thursday, October 16, 2008

Groenhuis Gästehäuser, Philippolis, südlichen Teil der Free State, South Africa


Herstelwerk vorder nie

PHILIPPOLIS. Die Jacobson-biblioteek, 'n Victoriaanse juweel, is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Opknappingswerk aan dié gebou het tot 'n stiland gekners toe die kontrakteur skoonveld is en daar ontevredenheid was oor die restourasieproses. Vir etlike maande staan die herstelwerk nou reeds doodstil. Foto: Jens Friis

'n Ongewone blik

PHILIPPOLIS. 'n Ongewone blik oor Philippolis vanuit die N.G. Kerktoring. In die middel van die foto is die Nienaberplein met daarlangs die Jacobson-biblioteek langs die boomomsoomde Voortrekkerstraat. FOTO: JENS FRIIS

Suksesvolle HOP-projek gestaak

PHILIPPOLIS. Hier is een van die spannetjies kinders wat rekenaargeletterdheidsklasse gekry het by die Hillside View-kollege in Philippolis. Hulle is op skool by Bergmanshoogte Intermediêr. Ook leerlinge van die Philippolis Primary Public School het opleiding gekry. Hierdie klasse was 'n uitreikaksie van Motheo FET in Bloemfontein, maar is aan die einde van 2006 gestaak. Dis 'n grootste jammerte, want dit was een van die enigste suksesvolle HOP-projekte in Philippolis. FOTO: JENS FRIIS

Uit 'n skoolalbum

PHILIPPOLIS. 'n Jong mnr. Jens Friis, latere skoolhoof, by die Hoërskool M.T. Steyn se eertydse tennisspan.

Hemelhoë kosmosse

PHILIPPOLIS. Petro Khooa sit bo-op op haar oupa, Kafee Khooa se skouers, maar die kosmosse is steeds so hoog soos sy. Voor haar staan ouma Letta Khooa. Die Khooas woon langs Koksfonteinstraat, Philippolis. Foto: Jens Friis

Snoesig geabba

PHILIPPOLIS. Charlotte Plaatjies van Bergmanshoogte in Philippolis, abba haar kleinboet, Marciano. In dié veelkleurige kombers is hulle albei heerlik snoesig toegedraai. FOTO: JENS FRIIS