Monday, August 16, 2010

Groenhuis Gastehuis, Philippolis, 051-773-0073


Gevaar!

GEVAAR! Beland jy met jou motor in dié donga, kan dit jou lewe kos. Dit is byna lente, maar die skade wat reën in die herfs aan dié openbare pad aangerig het, is steeds duidelik sigbaar. Die foto is geneem op 'n draai tussen die plase vlakfontein van mnr. Charl Weideman en Cadeau van mnr. Kobus de Beer. Die departement van paaie is bewus van die toestand waarin die pad verkeer, want enkele klein waarksuwingspadtekens is maande gelede reeds hier staangemaak. FOTO: JENS FRIIS

Groenigheidjie

DIE eerste lentereëns het nog nie geval nie, maar dié skilpad het vir hom 'n groenigheidjie uitgesnuffel. FOTO: JENS FRIIS

Neem reg in eie hande

PHILIPPOLIS. As die departement van paaie toelaat dat padborde só agteruitgaan langs die S132, maak 'n boer maar self 'n plan. Iemand het 'n blikkie spuitverf gevat en op dié rigtingwysers gesprei sodat motoriste darem nou weer weet in watter rigting moet jy ry as jy na "Luckhoff", "Rietfontein" of "Philippolis" wil gaan. FOTO: JENS FRIIS