Sunday, July 13, 2008

Lus om 'n interessante roete te ry?

Lus om 'n interessante roete te ry? Gaan loer dan by http://www.blogger.com/www.openafrica.org. Dié webblad van Open Africa (waarvan oudpres. Nelson Mandela 'n stigterslid is) het inligting oor meer as vyftig roetes van tientuidsende kilometers. Kies uit onder meer die Amajubaroete, Kalahari-rooiduin-roete, Overbergse fynbosroete, die Mid-Karooroete, of die Horizon-toerismeroete wat verby onder meer Philippolis, Fauresmith en Jagersfontein (foto) gaan.

Tuesday, July 8, 2008

'n Pragtige gesig


Hierdie swerm bloukraanvoëls is gewaar langs die grondpad tussen Philippolis en Luckhoff. Sulke swerms van Suid-Afrika se nasionale voël word 'n seldsame gesig, want veral hul weidingsgebied kom onder al groter druk. Foto: Jens Friis

Monday, July 7, 2008

Groenhuis Gastehuis / Guesthouse, Philippolis


Skaf boeke hier aan


By die huisrestaurant van die Groenhuis Gastehuis (051-773-0073) in Philippolis
kan jy boeke aanskaf teen ‘n fraksie van die gewone prys. As jy belangstel om hiervan aan te skaf, bel 084 58 101 49.

* The Griqua Captaincy of Philippolis deur Karel Schoeman, R210.

* Generaal C.R. de Wet — ’n Bloemlesing deur M.C.E. van Schoor, S.I. Malan en J.J. Oberholster. R60.

* The National Women’s Monument deur N.J. van der Merwe. R30.

* Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902: ‘n Oorsig van die militêre verloop
van die stryd
deur André Wessels. R40.

* Die Militêre rol van swart mense, bruin mense en Indiërs tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deur André Wessels. R40.

* Early White Travellers in the Transgariep deur Karel Schoeman, R120.
Generaal C.R. de Wet — ’n Bloemlesing deur M.C.E. van Schoor, S.I. Malan en J.J. Oberholster. R60.

* Christiaan de Wet—Annale 8 deur M.C.E. van Schoor. R70.

* Christiaan de Wet—Annale 3 deur M.C.E. van Schoor. R70.