
Thursday, October 16, 2008
Saalperdskou 2008
Wednesday, October 15, 2008
Warmer weather
Kranige entrepreneurs
PHILIPPOLIS. Sondagmiddag terwyl mev. Elsa Lombard 'n bietjie wil skuinslê, neul haar dogtertjie, Elsje-Mari, oor lemoene in hul tuin. Klein Elsje en die bure se maatjie, Justine Rouls, wil van die lemoene pluk en verkoop. "Ja-ja," gee 'n slaperige mev. Lombard in. "Ek het nie eers gedog daar is eers juis lemoene aan die bome nie." Ek daai middag toe sy opstaan toe staan Elsje-Mari en Justine met 'n banksakkie wat se magie sommer so boep staan. "Kyk!," sê Elsje. "Ons het al hierdie geld gemaak." Dis toe 'n volle R40. Die lemoene het hul in sakkies teen R2 en R7 verkoop. En dit was nie hoe lank nie toe vaar die twee weer die bome in. Só 'n geldmakery kan jy mos darem nie deur jou vingers laat glip nie! Foto: Jens FriisOud-inwoner oorlede
Mnr. Hendrik van Niekerk van Bethlehem, 'n oud-Philippoliser, is onlangs oorlede. Die meegaande foto's is in 1996 geneem toe die Van Niekerks Philippolis na 'n leeftyd verlaat het. Foto's: Jens Friis
Hier is mev. Marietjie Funck, mnr. Hendrik van Niekerk, mev. Leah Vilonil, mev. Baby van Niekerk, en mev. Leah Theron.
Mev. Petro du Plessis, mev. Naómi en mnr. Jens Friis, mev. Poppie Engelbrecht, mev. Louise Jansen, en mev. Magteld Jansen van Rensburg.
Hier is mev. Marietjie Funck, mnr. Hendrik van Niekerk, mev. Leah Vilonil, mev. Baby van Niekerk, en mev. Leah Theron.
Mev. Petro du Plessis, mev. Naómi en mnr. Jens Friis, mev. Poppie Engelbrecht, mev. Louise Jansen, en mev. Magteld Jansen van Rensburg.Dis heerlike lente, die winter's verby ...
Eersteklas blik op dorp
Vanaf 'n koppie in Philippolis se middedorp het jy 'n wonderlike uitsig oor die omgewing. Hierdie spannetjie kinders het laat-middag dié wêreld vanuit die hoogte kom bespied. Hulle is almal leerlinge van Bergmanshoogte Intermediêr op Philippolis. Van links is Andrew Padda, Divante Maketerie, Frank Nockanda, Johndré Derison, Charl Saulo en Cheslin Pietersen. Foto: Jens Friis
Subscribe to:
Posts (Atom)



