Thursday, February 19, 2009

Aan die einde van die reënboog ...

PHILIPPOLIS. Moenie  aan   die einde van dié pad ’n reënboog óf ’n pot vol goud verwag nie. Langs die R717 tussen Colesberg en die Oranjerivier wag daar eerder ’n magdom slaggate op reisigers. Sowat 10 km buite Colesberg is die pad só sleg dat dit onmoontlik is om vinniger as 20 km/h te ry. Die   Philippolis-sakekamer   het   versoekskrifte   aan   verskeie   belanghebbendes gestuur. “Ons hoop dat die pad vinnig herstel sal word, want andersins kan die slaggate maklik tot ernstige ongelukke lei,” sê dr. Doreen Atkinson, ’n lid van dié sakekamer. Foto: Jens Friis

No comments: