Tuesday, June 12, 2012

Plaas nou bestellings vir feesbundel

PHILIPPOLIS. Die NG kerk hier wat in Oktober sy 150ste bestaansjaar vier versoek belangstellendes om nou reeds 'n bestelling te plaas as hulle 'n feesbundel wil aanskaf. "Só kan jy die kerk op tweërlei wyse help: Eerstens gaan dit ons 'n aanduiding gee hoeveel feesbundels om te druk, en tweedens sal dit help om die drukkoste te delg," sê me. Pulani Simes, skriba van die gemeente. Sy sê dit wil lyk of die drukkoste rondom R150 per boek gaan kos. Om bestellings te plaas, skryf aan Simes by ngphil@vodamail.co.za of bel 051-773-0014.

No comments: