Sunday, December 7, 2008

Witblitsfees 2009

Witblitsfeesdatum bekend
PHILIPPOLIS se alom bekende Witblitsfees sal volgende jaar op Vrydag en Saterdag, 13 en 14 Maart, gevier word.
DiƩ makietie is een van die oudste plattelandse feeste in die Vrystaat en word al vir meer as 'n kwarteeu gevier.
Die Transgariep Museum langs Voortrekkerstraat is gelisensieerd om een maal per jaar witblits te stook en tel onder slegs 'n handjievol museums in die land wat alkohol - en wel witblits - mag verkoop.
Vir meer inligting oor 2009 se Witblitsfees, bel Philippolis Publisiteit by 084 58 101 49 of mev. Sarie Louw by 051-773-0091.

No comments: