Wednesday, October 27, 2010

Dis weer skoutyd

PHILIPPOLIS. – Vanjaar is dit die 82ste agtereenvolgende jaar dat dié dorp ’n skou aanbied, asook die 29ste agtereenvolgende jaar dat hier ’n saalperdstreekskou sal plaasvind. Die skou vind plaas op Donderdag 4 tot Saterdag 6 November. Die saalperdstreekskou is een van die drie grootstes in die land en die allerbeste saalperde van Suid-Afrika is hier te sien. Vertoners van so ver as Wellington en Pretoria word verwag. Die perdeklasse begin Donderdag en hou aan tot Saterdagaand. Saans is dit kuiertyd terwyl daar geëet en gedans word. Philippolis is 160 km suidwes van Bloemfontein. Ry met die N1 tot by Trompsburg en neem dan die R717-teerpad vir 56 km na Philippolis. Vir meer besonderhede oor die skou bel mev. Annette Loock by 051-773-0144.

No comments: