Wednesday, April 7, 2010

Reën, reën, lieflike reën ...

PHILIPPOLIS. Dié foto is tussen Colesberg en Philippolis geneem voordat deurdringende reën vir twee dae lank byna ononderbroke uitgesak het. Meer as 75 mm het geval - dit is byna 'n kwart van die jaarlikse reënval van dié omgewing. Die dorpsdamme het die meeste water in etlike jare. Salmon se dam het uitgeloop, asook die dam by die uitgang van die dorp na Trompsburg. Die fonteindam langs die pad na Luckhoff is sowat 80 % vol en die ander dorpsdam (ook langs die Luckhoff-pad) is 70 % vol. Philippolis is in die 1820's op hierdie spesifieke plek in die Suid-Vrystaat aangelê, want twee fonteine het drinkwater voorsien vir mens en dier. Dié fonteine het vir 'n hele paar jaar nou nie meer geloop nie, maar weens die goeie April-reën loop dit nou sommer weer lekker sterk. Foto: Jens Friis

No comments: